10 Gedigte vir Laerskool Leerders
R200.00
Hierdie is’n eenvoudige werksboek.
So uitgelê dat die gedigte maklik gelees en gebruik kan word vir klaswerk, toneel en voordrag eksamens, kunswedstryde en eisteddfods.
Onlangs moes ek ‘n paar kunswedstryde en eisteddfods beoordeel. Ek is getref deur hoe min oorspronklike, moderne verbeeldingryke en speelbare materiaal daar vir die deelnemers beskikbaar is.
482 in stock

Hier is tien splinternuwe, unieke gedigte uit my pen.
Ek verdeel dit liewers nie in kategorieë nie, want elke kind is uniek. En met gelyke geslagsidentifikasie, kan meisies en seuns in dieselfde temas belangstel.
Sommige deelnemers is al baie jonk meer gevorderd, ander nie. Afrikaans tweede taal leerders, sal ook iets hier vind om te kan opvoer.
Sekere temas spreek tot sekere kinders – want dis belangrik dat elke jong speler moet glo en hou van die materiaal wat hulle opvoer.
Dit lê dus by die Drama Onderwyser om, saam met elke leerder, die regte keuse te maak. Moet ook nie die kinders onderskat nie, en die enkele onbekende woord of frase, soos in die gedigte verskyn, kan natuurlik ook bydra tot die groter taal opvoedingstaak. Verduidelik net die betekenis en konteks van die woord.
Onthou, gedigte word lankal nie meer “voorgedra” (maw “gesing-praat” nie. Dit word natuurlik vertel, ingeleef soos ‘n storie.

Reviews
There are no reviews yet.