10 Gedigte vir Hoerskool Leerders
R200.00
Hierdie is ‘n eenvoudige, praktiese werksteks.
Dit word so uitgelê dat dit maklik leesbaar en bruikbaar is.
Onlangs moes ek ‘n rits kunswedstryde en eistedfodds beoordeel. Ek is getref deur die gebrek aan moderne, oorspronklike en speelbare materiaal wat vir Afrikaanse deelnemers beskikbaar is.
507 in stock

Hierdie gedigte is geskik vir klaswerk, drama eksamens, kunswedstryde en eistedfodds.
Ek kategoriseer nie die moeilikheids graad van die werk nie, want elke deelnemer is anders. sommiges is jonger al meer gevorderd, ander nie. Hier is ook geskikte materiaal vir Afrikaans Tweede Taal deelnemers. Met die gelyke geslagsvermoëns en belangstellings, kan meeste van die gedigte vir meisies of seuns geskik wees.
Dit lê dus by die Drama Ondewyser en die individuele leerder om te besluit wat geskik sou wees al dan nie. Dis altyd beter om vir ‘n deelnemer ‘n gedig te kies wat tot hul spreek. Dit is natuurlik ook ‘n pluspunt om deelnemers met iets onbekend uit te daag. En moenie talentvolle, slim deelnemers se vermoëns onderskat nie.
Onthou, ons “dra” lankal nie meer ‘n gedig “voor” nie. Dit word nie gepraat-sing nie. Ons gesels en vertel dit, soos ‘n storie, soos prosa.
Ek glo en vertrou dat die gebruikers hiervan my intellektuele kopiereg sal respekteer en dit nie onregmatig sal versprei nie.

Reviews
There are no reviews yet.