Molly en Wors kom Kroonstad toe!
ONTHOU OM JOU KAARTJIES BYDERHAND TE HE VIR DIE HEKKE – GEEN KAARTJIE GEEN TOEGANG
GEEN SITPLEK BESPREKINGS BESKIKBAAR NIE
Molly en Wors – Die verhoogstuk
Met Willie Esterhuizen en Lizz Meiring
Na jare se smeek en pleit van die kykerspubliek is die immergewilde Molly en Wors terug! Diè keer op die verhoog!
Gehore kan uitsien na vlymskerp humor, soos net Willie dit kan doen. En die tema: Die Geheim van ‘n gelukkige huwelik – is ‘n geheim.
Kom knik kop met herkenning van hoe dit in meeste huwelike gaan. Soos altyd in Willie Esterhuizen se werk, is dit humor met hart. Heerlik snaaks, voelgoed, maar ook verrassend en warmhartig. Saam met Lizz Meiring as Molly, vorm hulle ‘n gedugte span en die vonke spat.
Ouer begeleiding vir kinders onder 14 – enkele kru taal( soos die wat grootmense om ‘n braaivleisvuur praat)
Veilige parkering!
Drinkgoed en Kos beskikbaar!
Vertonings tydperk: 60 Minute en geen pouse nie
Taal: Afrikaans
Datum: Saterdag 11 Julie 2026
Tyd: 10h30 vir 11h00
Venue: Hoërskool Landbou saal (Trio Skool Kompleks)
Adres: Du Toitstraat, Maokeng Rural Kroonstad
Kaartjie: Volwassenes @R150 – Pensioenarisse: (60 en ouer) en kinders onder 14 @R100
