Die Weduwee se Sjampanje – Laaste kans om te sien!
Die Weduwee se Sjampanje – Laaste kans om te sien!
ONTHOU OM JOU KAARTJIES BYDERHAND TE HE VIR DIE HEKKE – GEEN KAARTJIE GEEN TOEGANG – ONTHOU OOK JOU KOSKAARTJIES
Die Weduwee se Sjampanje – ‘n Wêreld eerste: (GEEN ONDER 14 JAAR NIE)
Premiere was 29 November 2020 by Atterbury Teater. Uitverkoop (binne Covid sosiale afstand maatreels) en sedertien vir twee jaar(2021 en 2022) landwyd gespeel – en is orals ontvang met groot gehore en Staande Ovasies.
Multi bekroonde aktrise, skrywer, regisseur, vervaardiger en tv aanbieder en persoonlikheid – Lizz Meiring, bring na ses jaar se navorsing, aan gehore ‘n viering en sjampanje verhaal soos min.
Die Weduwee se Sjampanje is ‘n uiters vermaaklike, unieke en informatiewe storie van die ware weduwee (Veuve) Cliquot wat in die 1800’s in Frankryk, rewolusionêre metodes ontwikkel het om Sjampanje en wynmaak vir ewig,wêreldwyd te verander.
Vreemd genoeg is haar uitsonderlike verhaal, nog nooit vertel op tv, film, teaterverhoë nie. Die produksie is letterlik ‘n wêreld eerste. Lizz speel die fassinerende karakter van die Weduwee Cliquot wat haar lewens verhaal herleef – dis propvol interessanthede oor die vrou, haar werk, haar lewe en haar era.
Die raakpunte met die uitdagings van moderne samelewing is verbysterend. Voeg ‘n glas of twee heerlike sjampanje by – et voila ( siedaar ) soos die franse sou sê – ‘n heerlike, diepsinnige en slim en by tye , vrolike en hartstogtelike vermaak soos min!
Gratis glas sjampanje – alkoholies of nie-alkoholies ingesluit by kaartjieprys.
Bring jou eie drinkgoed.
Veilige parkering.
Datum: 11 Oktober 2026
Tyd: 11h00 vir 11h30
Venue: NG Kerk Melville Kerksaal – Teater
Hoek van Vierde laan en Vierde Straat, Melville, Johannesburg
Geskik vir: gehore ouer as 14.
Gradering: Enkele kru taal in frans
Kaartjies: Volwasse: R220 en Pensionarisse – R180
Ete Tyd: 11h30 – 12h40 (Ete @ R225)
HOOFMAAL (kies een)
Gerookte Borsstukrolletjie
Geurige, sag gerookte beesbors op ‘n Franse rol, met mostert, rooiwynsous & knolseldery remoulade.
Ratatouille
Ikoniese groentebredie met kruie.
Tamatie & Burrata
Romerige burratakaas in ‘n nes van heirloom-tamaties en mikroblare, met ‘n basiliekruidpestosous.
Niçoise Salade
Blare, groenbone, magetout, suikerertjies, tamatie en ui gekroon met geurige tunamayo, ansjovis en gekookte eier.
Veroning Tyd: 13h00 – 14h00 – Die Weduwee se Sjampanje
Tydsduur: 60 minute, geen pouse
Nagereg Tyd: 14h00 – 15h00
NAGEREG (kies een)
Crème Brûlée
Klassieke Franse nagereg gemaak met vryloop eiers, room en vanieljepeul.
Gesoute Karameltert
Karamel, vulkaniese swart sout en ‘n bietjie sjokolade.
Macarons
Gevulde amandelkoekies in ‘n fees van kleur en geur.
Ticket Information
Add food & drinks to your booking
Optional. Paid together with your tickets at checkout. Bar items are vouchers you hand in at the bar on the night.
